Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Klerksdorp Tehuis vir Bejaardes hou volgende maand basaar en hulle beloof tafels vol eetgoed om uit te kus en te keur. Die basaar vind op 26 Julie by die tehuis in Rosinstraat. Freemanville plaas en al die lekkerte sal van 08:00 tot 14:00 beskikbaar wees. Besoekers sal kan snuffel en koop by die witolifant-tafel en handgemaakte naaldwerk sal ook te koop wees.

Die eetgoed behoort alle lekkerbekke gelukkig te hou!

Die tehuis sal pannekoek verkoop, asook poedings, verskeie koeke, vars vleis, jaffels, kerrie-en-rys, pap-en-wors met sous en hul legendariese pap-en-kaiings.

Daar sal ook ‘n teetuin wees om by te ontspan met koek en tee.

Meer inligting van 018 464 1822 of 082 921 8587.