Deur Rozaan de Wet (uitgegee deur Tafelberg)
Is jy orraait, Elizabeth? is die verhaal van drie uiteenlopende vroue wat elkeen pynlike ervarings beleef maar deur hul vriendskap gedra word. Elizabeth se lewe is nou vervleg met haar man se praktyk waar sy daagliks met broosheid te doen kry. Sy sukkel aanvanklik om te aanvaar dat hulle ’n seun met Downsindroom het, maar mettertyd draai haar bestaan al meer om hom, en sy leer by hom die betekenis van liefde. Ada, ’n oorwerkte onderwyseres, en die voorkomsbewuste Mirna worstel met hulle eie persoonlike gesinskwessies.