Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Klerksdorp Tehuis vir Bejaardes se jaarlikse basaar was weereens ‘n uitverkoop sukses. Die basaar word elke jaar in Julie gehou as ‘n fondsinsameling en besoekers stroom na die basaar vir heerlike tuisgebak, ingelegde produkte en handwerk. Elke jaar ondersteun die skole ook die gebeurtenis met kunswerk, musiek en gedigte en vanjaar het Laerskool Saamtrek se jongspan Afrikaanse idiome uitgebeeld. 

 

 

 

 

 

 

 

Hoërskoolleerlinge het aan ‘n selfoon-fotografiekompetisie deelgeneem en Klerksdorp Rekord se redakteur, Salomé Kotzé het die wenners aangekondig.

Die wenfoto word die week in Klerksdorp Rekord gepubliseer.

Plaaslike sanger Michael D’Angelo het ook die besoekers vermaak. Die dag was ‘n rasende sukses vir die organiseerders en inwoners van die tehuis.