Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Bek-en-klouseer het ontwikkel tot veel meer as ’n veeartsenykundige probleem. 

Dit is besig om ’n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika se voedselsekerheid, landbou-ekonomie en landelike bestaansmiddele te word.

Volgens TLU SA lê die kern van die krisis by ’n regulatoriese stelsel en staatskapasiteit wat vir hierdie omstandighede aangepas is nie, en dit moet dringend reggestel word. “Bek-en-klouseer is buite beheer omdat die stelsel wat moes beskerm, nie funksioneer soos dit moet nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

 

 

 

 

Hy wys daarop dat boere wettig verhinder word om vinnig op te tree, selfs in hoërisikogebiede waar uitbrekings reeds bevestig is. “Boere dra die volle finansiële risiko van uitbrekings, kwarantyn en markverliese. Wanneer hulle egter nie toegelaat word om betyds en verantwoordelik op te tree nie, word nie net boerdery gestraf nie - die verbruiker betaal uiteindelik ook die prys.”

Van Zyl beklemtoon dat die privaat sektor oor bewese kundigheid en kapasiteit beskik wat onmiddellik ingespan kan word. “Voedselsekerheid kan nie wag vir burokratiese prosesse nie. Spoed red kuddes, inkomste en uiteindelik kos op mense se borde.”

“Bek-en-klouseer raak ons almal. Indien Suid-Afrika ernstig is oor volhoubare landbou en bekostigbare kos, moet beleid die werklikheid begin weerspieël.”

TLU SA doen ’n beroep op lede om die nuwe BKS-raad ’n billike geleentheid te gee om die regulatoriese omgewing daadwerklik te hersien en praktiese oplossings te ontwikkel wat voorsiening maak vir die verantwoordelike, doelgerigte betrokkenheid van die privaat sektor in die hantering van uitbrekings.

TLU SA moedig alle boere en produsentgroepe aan om solidariteit te toon met vleisprodusente. 

Boere is nie alleen nie; samewerking en samehorigheid is noodsaaklik om hierdie krisis te hanteer.