Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Meer reën in die wintergraanstreke en minder in die somerstreke het ‘n wesenlike ekonomiese impak op graanprodusente. 
Volgens Tobias Doyer, HUB Graan SA, kry die wintergraanstreke oormatige reën in sekere areas wat verliese in opbrengste tot gevolg gehad het en sodoende finansiële druk op produsente in die areas geplaas het. “In skrille kontras met die wintergraanproduksiestreke, ervaar die somergraanproduksiestreke tans groot uitdagings met droogtetoestande. Die uiterste hitte en droë toestande het veroorsaak dat die oes baie vinniger versleg, as wat aanvanklik verwag is. 
“Ons het groot gebiede waar die skade reeds onomkeerbaar is. Ons het besproeiingsmielies wat ook uitdagings ervaar weens beurtkrag asook die hitte toestande.”

Hierdie uitdagings word ervaar in ’n tydperk waar marges op gewasse soos mielies, reeds laag is weens internasionale voorrade en internasionale prysdruk. Dit maak die herstel tydperk van die individuele produsente baie moeilik in uitdagende produksie omstandighede. 

“Graan SA is bekommerd op die impak van die droogte en mark omstandighede op graanprodusente. Internasionale mededingers geniet die voordele van gesubsidieerde, bekostigbare alomvattende verskering wat hul ’n mededingende voordeel bied. Soortgelyke plaaslike sisteme sou Suid-Afrikaanse produsente wesenlik kon ondersteun het gegewe die uitdagende produksie toestande,” sê hy.

Graan SA monitor deurlopend die produksie omstandighede en publiseer ’n kwalitatiewe oorsig rakende produksie.

“Die Nasionale Oesskatting se eerste skatting sal belangrik wees om die nasionale toestand te evalueer, maar die realiteit is dat daar tans verskeie individuele produsente is wat wesenlike verliese in die gesig staar weens die droogte en markte,” volgens Derek Mathews, voorsitter van Graan SA en produsent in een van die areas wat wesenlike uitdagings ervaar.

Die Weerburo voorspel steeds warm, hittegolf toestande vir die week. Drink genoeg water en probeer om nie in direkte sonlig te wees nie.