Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Een van die wenskrywers in NB Uitgewers se jeugboek-kompetisie is ‘n Klerksdorper.
Sandy Schoeman, die bekende beeldende kunstenaar, is op Maandag 15 April aangewys as die wenner in die kategorie vir tiener- en jong volwasse lesers. Haar boek, Chakalaka uit ‘n blikkie, sal teen einde van 2024 verskyn. Haar eerste boek, die niefiksieboek Rooiletterkind handel oor haar reis as pleegma en later as aanneemma van ’n kind met besonderse uitdagings is verlede jaar deur Naledi uitgegee. Laerskoolonderwyser De Wet Hugo is as die kinderverhaal-wenner aangewys met sy manuskrip vir Die doodgelukkige bure.

Die twee wenners is uit altesaam 104 inskrywings aangewys. Hulle stap elk met ’n prysgeld van R50 000 weg - die grootste kontantprys tot nog toe in ’n kompetisie vir Afrikaanse kinder- en jeugmanuskripte.

Beoordeling het anoniem plaasgevind, dus kon gevestigde en debuutskrywers op gelyke vlak meeding. 

Beoordelaars beskryf Chakalaka uit ’n blikkie as “’n heerlike leeservaring wat realiteit vermeng met ’n verbeeldingsvlug van die ideale lewe”. Cliffordene Norton, Marita van der Vyver en Susan Samuel het die manuskripte vir tieners beoordeel.

Volgens Marita van der Vyver het die wedstryd haar verwagtinge oortref. “Daar was byna dubbel soveel manuskripte as in vorige kompetisies, en die gehalte was werklik hoog. Ek glo dat daar, benewens die finaliste se uitstekende verhale, nog ‘n hele paar boeke uit die ander deelnemers se manuskripte gepubliseer gaan word.” 

Cliffordene het gesê: “Chakalaka uit ’n blikkie is ’n verhaal wat jou van die eerste oomblik gryp. Ek het dit ontdek ná ek reeds seker was oor my top tien. Ah! Dié storie het my regtig getref en my sprakeloos gelaat - en gewys dat verwagtinge oortref moet word.

As ’n skrywer kon ek die taalgebruik, vertelstyl en karakterisering waardeer. As ’n leser het ek elke tree saam met Helena gestap en kon ek deel wees van die fantasie en realiteit van haar lewe. Ek hoop lesers sal net soveel vreugde daarin vind soos ek.”