Klerksdorp Midweek, Klerksdorp – Dit is weer tyd vir Triest se jaarlikse Kersmark.
Die Kersmark vind einde November plaas en hulle het ‘n paar verrassings. Triest is h/v Elm- en Centrallaan geleë. Die mark vind op 28 en 29 November plaas. Johan Gerber, bestuurder, nooi lesers uit om hul Kersinkopies by die mark te kom doen met handgemaakte artikels, Kersversierings, dekor vir huis en tuin en vele meer te koop. Koekies, Kerskoeke asook heerlike kos en selfs kos vir jou viervoetkinders sal te koop wees. Jy is ook welkom om jou brakkie saam te bring mark toe! Op 29 November sal ontbyt saam met Kersvader bedien word.
Dit sal tussen 09:30 en 11:00 bedien word.
Dit kos R70 en jy kry twee repies spek, ‘n beesworsie, roereier, tamatie, “baked beans” in tamatie, asook roosterbrood en konfyt.
Die mark sal van 12:00 tot 21:00 op 28 November oop wees en van 09:00 tot 13:00 op 29 November.










