Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

KIerksdorp Midweek, Klerksdorp - ’n Groter groep Suid-Afrikaners kwalifiseer nou vir gratis regshulp nadat Regshulp SA sy “middele toets” hersien het. Die toets word gebruik om te bepaal of aansoekers vir regshulp kwalifiseer en is opwaarts hersien om voorsiening te maak vir verhogings in die Verbruikersprysindeks. Dit maak nou toegang tot regsdienste vir ‘n groter groep mense moontlik.

Die veranderings het op 1 April in werking getree.

Hieronder is ‘n opsomming van die nuwe toets-drempels. Regshulp SA oorweeg wat aansoekers verdien, na belasting, en bates in hul besit:
- Aansoeke om regshulp in strafregtelike/siviele sake - aansoekers moet minder as R8 700 per maand verdien.
- Aansoeke om regshulp in siviele sake waar die aansoeker ‘n lid van ‘n huishouding is - aansoekers moet minder as R9 500 per maand verdien.
- Indien ‘n aansoeker roerende bates besit, moet dit nie meer as R160 800 werd wees.
- Indien ‘n aansoeker onroerende bates besit, moet dit nie meer as R754 400 wees nie.

In kriminele sake kwalifiseer kinders (minderjariges onder die ouderdom van 18) steeds outomaties vir regshulp en hoef hulle nie die “middele toets” af te lê nie. As dit ‘n siviele saak is, sal die familie van die kind die “middele toets” moet aflê en slaag.