Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp – Inwoners langs die Vaalrivier is op hul hoede vir stygings in die Vaalrivier se watervlak, na deurdringende reën die afgelope naweek geval het. Waterwese het op Maandag 17 November aangekondig dat vyf sluise by die Vaaldam oopgemaak word. Die dam is tans 105 % vol. Volgens kenners behoort die water vanaf die Vaaldam teen Woensdag 19 November by Orkney te wees. Die Bloemhofdam is byna 100% vol en nog water behoort daar uitgelaat te word. 

Groot skade is in April vanjaar aangerig toe sluise by die Vaaldam asook Bloemhofdam oopgemaak is en laagliggende gebiede oorstroom het. Niemand wil ‘n herhaling van die fiasco hê nie. Verskeie inwoners herstel nog na dié skade en sommige het nog nie eens die skade herstel nie en die volgende groot water is op pad.

Vaaldam – die verskil tussen kleppe en sluis­hekke:
Daar is dikwels by die publiek verwarring oor kleppe en sluise by Vaaldam. Agt kleppe is aan die onderkant van die dam en is altyd oop om ‘n natuurlike vloei te verseker. 

Daar word altyd water by die Vaaldam uitgelaat soos nodig vir gebruikers stroomaf en ter wille van ekologiese vloei. 

Die kleppe kan ook gebruik word om uitvloei by die dam te verhoog.  Sluishekke daarenteen is aan die bokant van die damwal en word oopgemaak soos nodig om beduidend meer water uit te laat slegs en wanneer nodig om hoë vloei deur die sisteem toe te laat. 

Die sluishekke sal of oop, of toe wees.

Volgens WeatherSA word geen reën in die Vaaldam se opvanggebied vir die week voorspel nie.

Klerksdorpers moet egter nog die week hul sambrele byderhand hou.