Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die VLU takke van Klerksdorp en Ventersdorp het verlede week in Klerksdorp saamgetrek vir hul jaarlikse konferensie. VLU Prisma het op Woensdag 6 Maart die jaarlikse Sonneblomstreek konferensie aangebied in samewerking met Die Wilger VLU van Ventersdorp. 
Dit was ‘n spoggerige geleentheid waar dames van regoor die streek bymekaar gekom het.

Laerskool Goudkop se boere-orkes het by die geleentheid opgetree met prof Kobus van der Walt as gasspreker. 

Prisma dames het laasjaar gewoeker met hulle talente en die onderskeie projekte en het tydens die prysuitdeling vele toekennings gekry.

Die plaaslike tak se maandelikse vergadering vind op Dinsdag 19 Maart plaas om 09:00 vir 09:30 by Flamwood Landgoed. 

Die Tema is Landboukunde en Tuinbou. Hinterland kom besoek die tak en besoekers is ook welkom om die oggend by te woon. 

Koste beloop R40 per persoon en sluit koffie/ tee in asook ‘n ligte verversing. 

Bespreking kan gemaak word by Trix of Leandri.

Wil jy graag meer weet van die VLU? Skakel voorsitter Trix Parsons by 082 452 9962 of skakelbeampte Leandri Erasmus by 072 797 2278.