Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Wolmaransstad - Dit is tyd vir die Vonkfees en dié dorp gaan behoorlik gons op die dag. Die fees vind op 18 Oktober by die plaaslike hoërskool plaas en mense kan musiek, vermaak en styl verwag. Die hekke sal om 16:00 open en vier top kunstenaars sal die feesgangers laat dans en saamsing. Jan Jan Jan sal om 17:30 optree, Ricus Nel om 18:30, Fatman om 20:00 en Juan Boucher om 21:00.

Die kaartjies is by die skool en die plaaslike Pick n Pay te koop teen R250 per volwassene, R100 per laerskoolkind en voorskoolkinders kan dit gratis bywoon.

Die organiseerders sal ook ‘n stylvolle mark aanbied met van Ruah se produkte, leerware, juwele, parfuum en nog vele meer. Die kleingoed sal ook vermaak word.

Kosstalletjies en die skool se kafeteria sal die heerlikste koeke en disse te koop aanbied en die kontantkroeg is die plek om die dors te les.

Die Vonkfees is ‘n hoogtepunt op die dorp se kalender - ‘n geleentheid waar die gemeenskap, musiek en styl saamvloei. Bring jou kampstoel, koelhouer (teen ‘n fooi van R200) en kom vier fees.

Geen stinkbomme, klappers en lasers sal toegelaat word nie. 

Stalletjies kan by Jo-Hani, 067 364 4057 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., bespreek word.