Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Vrouebiddagdienste wat in Klerksdorp en Alabama gehou is op Vrydag 1 Maart, is goed bygewoon. By die Hervormde Kerk Morester het ds Andrea Müller van NG La Hoff ‘n treffende boodskap uit Efesiërs 4:1-13 gebring.

“Ek dring aan... verdra mekaar in liefde beklemtoon deur ons liefde vir God en ons naaste asook God se liefde vir ons, Sy mense kinders. En hóé leef ons daardie liefde uit in ons elke dag se moeilike omstandighede onder mekaar,” het sy gesê.

Triest Sentrum en HTS se acapella groep het tydens die diens opgetree en ‘n olyftak is aangegee om die vrede van Christus te versinnebeeld. Dames het in klein groepies saamgebid vir Klerksdorp, Noordwes, Suid-Afrika, Palestina en die hele wêreld.

Ursula Steytler van die United Apostolic Faith Church Alabama, het die gebedstyd afgesluit waarna die orrelis, Rudi Botha, die Onse Vader gesing het.

Selfs Laerskool President  het ‘n Vroue-dagdiens vir die kinders op Vrydag, 1 Maart gehad gelei deur Kotie Botma. Kotie het agterna gesê “die kinders het dit absoluut emosioneel beleef en dit was voorwaar ‘n kosbare geleentheid”.