Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Coenie de Villers het geen bekendstelling nodig nie.
Hy is een van die land se mees bekende kunstenaars met verskeie treffers wat strek oor dekades. Hy tree op 20 November by NG Kerk Goudkop op in Kersfees met Coenie. Volgens die kunstenaar is Kerskonserte van sy gunsteling vertonings. Die kaartjies kos R100 elk en kinders jonger as 12 jaar kan die vertoning gratis bywoon. Skakel 063 095 8147 om kaartjies te koop. Die vertoning sal om 18:00 begin. Twee gelukkige lesers kan elk twee dubbelkaartjies wen!
Stuur ‘n e-pos met jou kontakbesonderhede en die antwoord op ‘n maklike vraag na
Die kompetisie sluit op 4 November. Die vraag: Wat is die titel van Coenie se mees bekende lied? Hy sing oor die Karoo.










