Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Inskrywings vir die Efficient Wealth Klerksdorp Marathon 2026 stroom in. NW se grootste marathon vind weer plaas op die tweede naweek in Februarie. Op 8 Februarie sal meer as 1 000 atlete weer die strate van Klerksdorp aandurf in ‘n 5km “fun run”, 10 km-wedloop, halfmarathon en die marathon oor 42.2km wat atlete gebruik om te kwalifiseer vir die land se wêreldbekende ultramarathons soos die Twee Oseane oor 56km en die Comrades marathon oor 90 plus km.
Die begin en eindpunt is by Hoërskool Wesvalia en R30 000 kan gewen word.
Almal wat hul wedlope voltooi, sal medaljes ontvang. Dit word beskryf as die vinnigste en een van die goedkoopste marathonne in die land.
Inskrywings kan gedoen word by www.entryninja.com/events/82901-klerksdorp-marathon-2026/enter.










