NOORDWESTER - LICHTENBURG - On 15 June, the community of Majemantsho, Mahikeng came together for a fun walk.
They also invited Health Department representitive, Lilly Mokgothu, to address the community concerning teenage pregnancy and SAPS on bullying and other crimes. Warrant Officer Lucky Tshele and Sergeant Mavis Khonkhobe attended as CPF and promised to visit the community again.
Piet Tande kuier hier
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Solidariteit Helpende Hand beywer hom vir die verbreking, die voorkoming en die verligting van armoede, maar ook om gebrekkige kennis die hoof te bied.
Daarom het Helpende Hand navorsing gedoen rakende kleuters se tande, want tans bestaan daar gebrekkige kennis. Gevolglik het Piet Tande en sy helper, Griet, besoek afgelê by twee skole in Lichtenburg.
Rekordgetalbesoekers by NAMPO 2024
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Graan SA se NAMPO-oesdag het oor die jare heen gegroei van ‘n klein begin in 1967 tot die reuse landbouhandelstentoonstelling van wêreldformaat wat dit vandag is. Maar waar het dit alles begin?
Die Oesdag het ontstaan te danke aan die inisiatief van drie boere van Bloemfontein, Moos Haddad, Hannes van Wyk en George Stegmann.
NWK gaan grondpaaie skraap
NOORDWESTER - NWK span vanjaar nie minder nie as ses stootskrapers in om sowat 2 000km se grondpaaie van en na sy silokomplekse te skraap.
Dié projek het op 22 April afgeskop en die kostes gaan na raming sowat R2 miljoen beloop.
Dit is die derde jaar wat NWK hierdie projek onderneem. Dit volg nadat die maatskappy in 2021 ʼn memorandum van verstandhouding met Noordwes se Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer onderteken het, waarvolgens dit sy hulp aan die regering bied om die provinsie se grondpaaie meer begaanbaar te maak.
Lichstraaltjie word 40 jaar
Lichstraaltjie Kleuterskool open hul deure amptelik op 1 Julie 1984 op die terrein van die AGS-Kerk in Lichtenburg met sewe kleuters. Nicolette Perry is as die eerste hoof van Lichstraaltjie Kleuterskool aangestel. Die getal kleuters groei fluks en in Januarie 1985 open die Kleuterskool met 78 kleuters en vyf personeellede. In Januarie 2000 gaan die Kleuterskool na 15 jaar ‘n nuwe era binne. Hulle word deel van Laerskool Lichtenburg, en sal voortaan as Lichstraaltjie Pre-Primêr bekend staan.