NOORDWESTER – LICHTENBURG - Vir negentien maande het die Nederduitse Hervormde Kerk, Lichtenburg gefunksioneer sonder ’n predikant in die gemeente. Ds. Lammert van Rooyen het in hierdie tyd as konsulent opgetree.
Hy het die kerkraad bygestaan en die nodige toesig gehou oor die gemeente.
Eredienste het elke Sondag plaasgevind en die nodige pastorale dienswerk is met groot sorg verrig.
Na ’n proses van twaalf maande in die soeke na die geskikte predikant vir dié gemeente, word hul gebede verhoor.
FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo - Die “toekoms” is blink
Die nuutste jaartema vir die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo is bekend en inskrywings is nou oop. Met vanjaar se tema, verken ons die toekoms.
Die onsekerheid wat soms daarin opgesluit is, maar nog te meer die hoop wat op ons wag.
“Die toekoms kan onseker of duister wees, maar dit is ook in die toekoms waar daar hoop is. Die toekoms lê in die jeug se hande. Droom hulle groot? Sien hulle uit na die toekoms? Gaan hulle ons taal, kultuur en geskiedenis in die toekoms laat voortleef?
Ditsibotla (Noordwes) laagste GPI-telling
NOORDWESTER- LICHTENBURG - Die nuutste stand van Suid-Afrika se munisipaliteite bring die volgende aan die lig. In meeste munisipaliteite word geen dienste gelewer. Good Governance’s Governance Performance Index (GPI) het aan die lig gebring dat agt van Suid-Afrika se provinsies se munisipaliteite ‘n telling onder vier uit vyf behaal het.
Die tellings word bepaal op grond van vier kriteria –
VLU 50- jaar lidmaatskapstoekenning
NOORDWESTER – ZOETMELKSVLEI – Zoetmelksvlei VLU is baie trots op een van die lede. Marietjie van Rooyen het op die onlangse Sonneblom konferensie, ‘n 50-jaar lidmaatskapstoekenning ontvang by die VLU.
Marietjie het in 1974 by die Roodepoort-tak aangesluit en begin deelneem aan die tak-kompetisies, waar sy verskeie toekennings ontvang het. In 1983 was sy die eerste wenner van die Danie van Zyl trofee wat deur die Burgemeester van Johannesburg geskenk was vir die vrou met die meeste punte vir Konferensie en Kongres artikels. Gedurende 1988 het sy die J. Muller en C. Steyn trofee verower vir die meeste punte behaal in die afdeling vir borduurwerk.
Wees bewus van vragmotors op die pad
Die hoë padsterftesyfer waarby vragmotors betrokke is, maak dit noodsaaklik om meer waaksaam op die paaie te wees. Neem die volgende in ag, veral oor die Paasnaweek.
1. Wees ekstra versigtig: Verkeer kan onvoorspelbaar wees, daarom wees bewus van jou omgewing en kyk uit vir vragmotors en ander voertuie.
2. Let op blindekolle: Groot vragmotors het areas waar die bestuurder jou nie kan sien nie. Vermy om aan die linkerkant van ‘n vragmotor te ry. Wees veral versigtig naby die voor- en agterkant van ‘n sleepwa.