NOORDWESTER – SANNIESHOF- Hallo daar!
Ek het ‘n storie om te vertel. Ek dink dit is gepas in hierdie droeë, warm tyd omdat slange hierdie jaar spesifiek die land vol wemel.
My Bokser hond, Brian is 3 Maart gepik deur ‘n reuse Rinkhals. My ander Bokser hond, Lara, is deur dieselfde slang gespoeg. Hulle het egter aanhou baklei vir ongeveer 15 min tot hulle seker was daardie slang is dood. Ons was nie tuis op daardie oomblik nie, maar het sowat drie ure later eers by die huis opgedaag. My man is onmiddellik met hul Lichtenburg Dierehospitaal toe, waar hulle vir Brian met teenmiddel behandel het, en twee dae later was hulle weer veilig by die huis.
Matla A Bana projek reik uit
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Laerskool Lichtenburg het die voorreg gehad om deel te wees van die Street Smart for Kids projek se kinderbeskermings program vir laerskole. Matla A Bana is ‘n bekroonde nie-winsgewende organisasie met projekte in Gauteng, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes.
Die Nasionale Skooluitreik Projek, Street Smart for Kids, met die tema “Moenie boelie nie” is waar Kaptein Bullie Buster kinders leer om nie te boelie nie, en ook nie geboelie te word nie, maar om op te staan en afknouery aan te meld.
Wêreldnatuurlewedag Sondag
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Wêreldnatuurlewedag is ‘n dag om al die natuurlike biodiversiteit wat die wêreld rondom ons skep, te vier.
Van die grootste dier tot die kleinste plant speel elkeen sy rol en dra by tot die gesondheid van ons planeet. Die datum, 3 Maart is gekies aangesien dit die datum is waarop CITES gestig is. CITES (die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora) het in 1973 begin, en vanjaar sal die 50ste jaar van die organisasie se bedryf wees.
Kuns, Krag en Gospelfees
NOORDWESTER – BUHRMANSDRIF - Die eerste van sy soort in Noord-Wes. Watter wonderlike geleentheid is dit nie. Aan die Brand ministery hou ‘n interkerklike Kuns, Krag en Gospelfees van 8:30 tot 17:00 op Saterdag 27 April.
Hierdie geleentheid is om die gemeenskap te laat deel in die Evangelie van Christus op ‘n lewendige en spontane manier. Die wins gaan direk na Burhrmansdrif Laerskool se “Oop Harte” projek.
Die sprekers is die alombekende Rooies Strauss. Op sy eerlike en reguit manier deel hy op ‘n wonderlike wyse die werke van God in sy lewe. Sy seun, Andrus Strauss is ook ‘n spreker en gospelsanger.
'n Reus in veterinêre gesondheid op 75 oorlede
NOORDWESTER - PRETORIA - 'n Baie bekende persoonlikheid in veterinêre kringe - dr Jan du Preez - is baie onlangs in die ouderdom van 75 jaar in Pretoria oorlede. Wyle dr Du Preez se persoonlike assistent oor baie jare heen - Adel Spies - het hierdie huldeblyk saamgestel.
Adele skryf: "Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om 'n huldeblyk aan dr Jan Hendrik du Preez te bring vir sy buitengewone bydraes tot die veld van veterinêre wetenskap, veral op die gebied van volksgesondheid, soönoses en die suiwelindustrie. Dr Jan het nie net met passie en trots Afrikaans omhels nie, maar ook met 'n onverskrokke toewyding aan wetenskaplike navorsing. Met trots kan ek verwys na sy indrukwekkende prestasies, insluitend sy registrasie as 'n lid van die "Royal College of Veterinary Surgeons" in Groot-Brittanje in 1972. Dr Jan het 'n MMedVet(Hyg)-graad verwerf en geregistreer as 'n Veterinêre Spesialis Volksgesondheid, met belangrike navorsingsbydraes soos "Die Aard en Betekenis van Anaërobe Bakterieë in die Melkkoei-Uier."