Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Kolonel Willem Bekeer sê Lichtenburg SAPD het relatief goed gevaar in die voorkoming van misdaad vir September 2023. 
In totaal het aangemelde misdaad met vyf persent gedaal. Meer kommerwekkende misdaad is verkragting wat met vyftig persent toegeneem het, aanranding dertig persent, inbrake by besighede drie en dertig persent, bedrog honderd en vyftig persent en besigheidsroof met vyf en twintig persent.
Bekeer versoek vrouens om asseblief nie alleen in verlate, beboste areas te loop nie.

Read more …Misdaad oorsig vanaf SAPS

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Borskanker is wêreldwyd die algemeenste kanker by vroue. Een uit elke twaalf vroue loop die risiko om in haar leeftyd borskanker te ontwikkel.
Vroeë opsporing en diagnose van borskanker is lewensbelangrik vir die geslaagde hantering van die siekte. Hoe kleiner die gewas is wanneer dit opgespoor en verwyder word, hoe beter is die kans dat dit nog nie uitgesaai het na ander dele van die liggaam nie. Navorsing het getoon dat gewasse van kleiner as 1,5 cm in deursnit ‘n kleiner kans het om uit te saai en ook minder aggressief is. Daar is verskillende maniere waarop ‘n vrou haarself deur vroeë opsporing kan beskerm.

Read more …Oktober is borskankermaand