-
Minister besoek Upington probleem-areas
GEMSBOK-UPINGTON: Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewingsake mnr. Willie Aucamp, het die afgelope naweek verskeie “probleem-areas” in die Upington omgewing besoek.
“Terwyl die minister vir ‘n ander geleentheid op Upington was, het ons hom gevra om self die terreine soos die De Duine vullisterrein en die riool-oorlope wat al jare in die Oranjerivier inloop te besoek,” het raadslid Erica Strauss Saterdag aan die Gemsbok verduidelik.
Aucamp het met die veiligheidswag by die vullisterrein gesels oor die prosedures wat gevolg moet word en sommer uitgevra oor die omstandighede waaronder die ongewapende sekuriteitsbeampte moet werk.
-
258 Gearresteer tydens misdaadvoorkomingsoptredes
GEMSBOK-UPINGTON: Deur die implementering van Operasie Shanela 2 het wetstoepassing in die Noord-Kaap 258 oortreders aangekeer tydens verskerpte misdaadvoorkomingsoperasies van Maandag, 1 Desember 2025 tot Sondag 7 Desember 2025.
Die operasies is gelei deur senior bestuur op beide provinsiale en distriksvlak, in samewerking met sleutelbelanghebbendes.
Noord-Kaapse Provinsiale Kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het operasies in die groter Kimberley gelei wat tot beduidende suksesse gelei het, veral in terme van padveiligheid.
‘n Gefokusde misdaadvoorkomingsstrategie is oor al vyf distrikte uitgevoer, met alle wetstoepassingsagentskappe wat geteikende ontwrigtende operasies uitgevoer het.
-
Upington-stortingsterrein aan Suid-Afrikaanse Menseregte- kommissie gerapporteer
GEMSBOK-UPINGTON: Erica Strauss sê die gebrek aan bestuur by die De Duine-stortingsterrein in Upington is nou amptelik onder die aandag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAHRC) gebring, nadat onwettige brande by die stortingsterrein die luggehalte ernstig beïnvloed het.
Strauss sê vure word amper daagliks aangesteek deur mense wat die grond onwettig beset of toegang tot die stortingsterrein verkry. Dit is ten spyte van die teenwoordigheid van sekuriteit en gereelde ingrypings deur die brandweer.
Die herhaalde brand veroorsaak dik rook wat nabygeleë inwoners, gastehuise en padgebruikers op die N14 affekteer.