Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

UPINGTON: “Ons was vir 52 jaar baie gelukkig getroud. Sy was my vertroueling, my vrou, my al’s. Ek het net daardie gevoel gister (29 Okt.) gekry dat my vrou nie weer huis toe kom nie”. Dit was die woorde van Frederick “Tol” Louw, eggenoot van Sarie Irene Louw, wat Woensdag (30 Okt.) omstreeks 05h50 skielik oorlede is in die Harry Surtie-hospitaal. 
Sarie (77) was die tweede oudste dogter van wyle Gert en Bonnie Pretorius van Upington. Sy is die suster van die vryskutjoernalis Nick Pretorius. 
Louw en haar man Tol (74) het op ‘n stadium saam skool gehou by die Primêre Skool Swartkop-Oos waar hy die prinsipaal was. Sarie was ‘n toegewyde en hardwer-kende onderwyseres by die Laerskool Grootdrink vir meer as tien jaar. 
Met haar tweede swangerskap in 1979 het sy uit die onderwys bedank. Sy het sterk Christelike waardes in haar gesinslewe uitgeoefen en haar onwrikbare geloof was onlosmaaklik deel van haar geseënde en suksesvolle lewe as ‘n geliefde eggenote, moeder, suster, ouma en vriendin. 


Dinsdagmiddag (29 Okt.) het sy baie sleg begin voel en haar man en jongste seun Glen, het haar onmiddellik na die plaaslike hospitaal geneem waar hospitaal-personeel haar toestand gestabiliseer het. Vroeg die volgende oggend is haar man in kennis gestel om na die hospitaal toe te kom. “Toe hulle dít aan my sê, toe weet ek my vrou sal nooit weer huis toe kom nie.” 
Sarie was in die laaste paar maande siek en sy moes gebruik maak van ‘n rolstoel. Haar gesondheid het weens erge lae bloedsuiker verswak. Sarie sal veral onthou word vir haar pragtige ontwerpe van trourokke. Sy kon vir lang ure hierdie passie van haar uitleef en dan kon sy ook haar eie uitrustings ontwerp en maak. 
Kort ná haar dood het talle boodskappe van medelye op sosiale platform ingestroom. “Baie sad dag vandag (30 Okt.). Ek is so bly ek het darem vir aunt Sarie gaan groet. Sy het ons aarde verlaat maar tog laat sy al die mooi herinneringe en lewenslesse met ons. Jou wedloop is vol auntie. Mag jy in ewige vrede rus”, lui ‘n boodskap van ‘n familielid Heinrich Martin van Kaapstad. 
“Niemand het koekies gebak soos sy”, sê Susie Vyver op whatsapp. “My trourok was haar eerste probeerslag, met blomme en strooi-meisies s’n ingesluit”, sê haar jongste suster Zonia Titus. “It’s with great pain and shock to have learn about the sad passing of Sarie Irene Louw (Pretorius), the mother of all mothers and the woman who personally told and learn me the values of life and the importance of education and to never let go in life even if the wind  changes its direction”, lui ‘n boodskap van Boeta Pretorius van Centurion. 
“It was the first time ever that she openly welcome somebody to marry me immediately. She took of her wedding band and wanted Rachel to marry me that day in Upington. We had good conversation like in the olden years with her and Tol”. - John Steven Pretorius from California, USA. 
Sarie word oorleef deur haar man, twee seuns Ferguson (49), Glen (40), drie kleinkinders, twee agterkleinkinders, ‘n breë familie en vriende. Sy is Saterdagoggend vanuit die Jehova Koninkryksaal in Pabellelo ter ruste gelê.