Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Met die tema “Raisin the Bar: Smart Strategies and a Grape Future for South Africa” het die Raisins SA/Nedbank  Simposium 2025 op 31 Oktober by die Vine Academy and Model Farm (VAMF) in Kakamas plaasgevind – ’n dag wat die hart van die Suid-Afrikaanse rosyntjiebedryf laat klop het.
Die simposium, wat jaarliks as ’n kennis- en netwerkplatform dien, het produsente, verwerkers, navorsers en belangrike rolspelers uit die breër landboubedryf bymekaar gebring om te fokus op volhoubare groei, tegnologiese innovasie en strategiese aanpas- sing binne ’n veranderende klimaats- en markomgewing.

 
Insigte vir die toekoms - Een van die hoog-tepunte van die dag was die aanbieding deur Johan van den Berg, landbouweerkundige, wat waardevolle insigte gedeel het oor klimaatsverandering se invloed op rivier- vloei en die weervooruitsigte vir 2026. 
Volgens hom dui die ontwikkeling van ’n nuwe La Niña-verskynsel op ’n moontlike vroeë aanvang van die reënseisoen – maar ook ’n kans op droër toestande gedurende midsomer. Sy boodskap was duidelik: produsente moet hul waterbestuur en beplanning fyn instel vir veranderende patrone.
Verder is nuwe tegnologieë en produksiepraktyke uitgelig wat bydra tot groter doeltreffendheid en kwaliteit in die sektor. Besprekings het ook gefokus op markontwikkeling, transformasie en volhoubaarheid – kernaspekte van die bedryf se strategiese rigting.
              
Samewerking vir groei

Volgens Wessel Lemmer, uitvoerende hoof van Raisins SA, is die simposium nie net ’n geleentheid om kennis te deel nie, maar ook om die samewerking tussen produsente, besigheid en finansiële vennote te versterk. “Ons bedryf groei deur vennootskappe – tussen produsente wat met passie boer, instellings wat in ontwikkeling belê, en finansiële vennote soos Nedbank wat die toekoms saam met ons bou,” het hy gesê.
Nedbank, as mede-borg van die simposium, het sy voortdurende betrokkenheid by landbou-ontwikkeling en die rosyn- tjiewaardeketting be- vestig. 
Die bank beklemtoon dat beleggings in kennis, mense en tegnologie noodsaaklik is vir die mededingendheid van Suid-Afrikaanse landbou.

* Deur: Chantelle Kotze, Raisins SA