Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Ten spyte daarvan dat die Noord-Kaapse departement van korrektiewe dienste twee  weke gelede - hoog en laag beloof het dat hy eers na afloop van sy minimum vonnis uitdienning vir parool oorweeg sou word - is die voormalige Noord-Kaapse LUR vir finansies, John Block die afgelope Vrydag op parool vrygelaat.
“Mnr. Block is op 6 Desember 2016 tot 15 jaar gevonnis vir korrupsie en geldwassery. Die paroolplasingbesluit is geneem deur die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad (CSPB) ingevolge artikel 73 van die Wet op Korrektiewe Dienste,” sê departement Singabakho Nxumalo, woordvoerder.


John Block is ingevolge presidensiële kwytskelding onder paroolvoorwaardes vrygelaat. Hy het baat gevind by die spesiale kwytskelding van vonnisse van 2019, 2020 en 2023 en het dus sy minimum aanhoudingstydperk na 13 September 2023 vervroeg.”
Nxumalo het gesê die besluit neem die spesiale kwytskelding van vonnis vir verdienstelike diens ingevolge artikel 80 van die Wet op Korrektiewe Dienste in ag.
Hy het gesê die oortreder-rehabilitasiepad speel ‘n belangrike rol wanneer ‘n gevangene se geskiktheid vir paroolplasing oorweeg word.
 Block was glo ‘n aktiewe gevangene wat aan verskeie korrektiewe programme deelgeneem het en ‘n diploma in sakebestuur verwerf het terwyl hy agter tralies was.
“Spesialis-verslae is deel van die materiaal wat aan die CSPB voorgelê word, aangesien dit besonderhede verskaf in terme van die gevangene se gereedheid vir sosiale herintegrasie.
 Block sal die res van sy vonnis in die stelsel van gemeenskapskorreksies voltooi en sal onderwerp word aan toesig in ooreenstemming met paroolvoorwaardes totdat sy vonnis op 26 Junie 2029 verstryk, het Nxumalo gesê.
*In Block se paroolaansoek vroeër vanjaar het aangevoer dat hy op ‘n presidensiële kwytskelding daarop geregtig is. Dit is afgekeur en na sy appèl daarteen misluk het, het Block weer die hof genader. Hierdie keer het die hof beveel dat die departement en paroolraad sy aansoek moes heroorweeg.
Dit het blykbaar nie gebeur nie.
 Die departement se nasionale en provinsiale kommissarisse moes Vrydagmiddag antwoorde by die hof indien - oor hoekom die departement nié die paroolaansoek hersien het nie - en ‘n bestraffende kostebevel teen die departement is uitgereik - waarin hulle teen 10 November moes verduidelik watter stappe hulle in die hersiende paroolaansoek gedoen het.