Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewingsake mnr. Willie Aucamp, het die afgelope  naweek verskeie “probleem-areas” in die Upington omgewing besoek.
“Terwyl die minister vir ‘n ander geleentheid op Upington was, het ons hom gevra om self die terreine soos die De Duine vullisterrein en die riool-oorlope wat al jare in die Oranjerivier inloop te besoek,” het raadslid Erica Strauss Saterdag aan die Gemsbok verduidelik.
Aucamp het met die veiligheidswag by die vullisterrein gesels oor die prosedures wat gevolg moet word en sommer uitgevra oor die omstandighede waaronder die ongewapende sekuriteitsbeampte moet werk.


Die sekuriteitsbeampte het absoluut geen beskermende drag aangehad nie en moes homself met ‘n ou Gemsbokhoring bewapen. Die twee sekuriteitswagte het geen ablusie geriewe, lopende water of selfs beskerming teen die bloedige Upingtonse son nie. Hulle het vir hulle self ‘n skuiling gebou met ‘n asbesplaat en swart plastiek seile wat hulle op die ashoop opgetel het.
Na sy besoek aan die vullisterrein, het Strauss en Opperman hom na die rioollekkasie reg agter CTM, by die dorp swembad en die sirkel in Dr Nelson Mandela Rylaan geneem.
Daar het hulle aan hom die vloeiende stroom riool, wat tussen die riete deur vloei, onder die pad deur en dan tot binne die kanaal - wat daar naby verby vloei en later in die Oranjerivier invloei.
Hulle het hom ook na die kontroversiële Mall-terrein geneem, waar die riool al jare lank ‘n oorloop en in die kanaal, reguit na die rivier loop. 
Daar is aan die minister genoem dat dr Elia Ntboba, die Dawid Kruiper Munisipale bestuurder, (onder eed) aan die Menseregte Kommissie paneel, wat munisipale sken-ding van menseregte en      dienslewerings probleme in die Noord-Kaap kom ondersoek het - hand en mond beloof het dat daar voorsorgmaatreëls getref is om te verhoed dat rioollekkasies volhou.
Die minister het ‘n verslag hieroor vanaf die raadslede aangevra.
Aucamp het ook die keerwalle in die Keidebees omgewing besoek en gevind dat die walle deur die jare al verval het en beslis nie sterk genoeg is om te keer dat die Oranjerivier oor sy walle stoot en nie die landbou grond en self die woongebied sal oorstroom nie.
Inwoners van Upington kan nou net hoop dat die tande van die Ministerie van Bosbou, Visserye en die Omgewingsake skerper is as die van talle rolspelers, organisasies en instansies soos die MRK en dat daar nou iets daadwerkik en volhoubaar aan die jarelange probleme in Upington gedoen sal word.