GEMSBOK-PORT NOLLOTH: Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, mnr. Willie Aucamp, is bly om die aangewese ontspanningsvisvangdatums vir die 2025/26 Weskus-Kreefseisoen aan te kondig, soos volg:
• 20, 21, 27 en 28 Desember 2025
• 3, 4, 24, 25 en 31 Januarie 2026
• 1 Februarie 2026 • 21 en 22 Maart 2026
“Hierdie datums is gefinaliseer na ‘n deeglike en wetenskaplik-gebaseerde assessering om te verseker dat ontspanningsgeleenthede gebalanseer word met die langtermyn volhoubaarheid van ons mariene hulpbronne,” het Minister Aucamp gesê.
Die datums is bepaal met inagneming van die Weskus-Kreef-broeiseisoen; belyning met naweke, openbare vakansiedae en die feestyd; en die tydsberekening van die laagwaterperiodes om veilige en verantwoordelike oesgeleenthede te maksimeer.
Vissers word versoek om verantwoordelik vis te vang en die regulasies vir ontspanningsvisvang na te kom. Dit sluit in, maar is nie beperk tot, dat visvang verbode is op die dae wat nie in die bogenoemde lys ingesluit is nie. Verder moet vissers ‘n geldige ontspanningspermit besit en die sak- en groottebeperkings volg.
Hierdie maatreëls ondersteun die hersteltrajekte van die voorraad en dra by tot die versekering dat benutting binne volhoubare drempels bly.
Ontspanningspermitte vir Weskus-kreef kan by enige Suid-Afrikaanse Poskantoor of aanlyn via die Departement se amptelike e-permitplatform by https://www.fishing.dffe.gov.za gekoop word.
Die Departement sal voortgaan om pro-aktief met kusgemeenskappe, georganiseerde ontspanningsvisvangstrukture en almal te skakel om ‘n verantwoordelike en omgewingsbewuste ontspanningsvisvangomgewing te handhaaf,“ het Minister Aucamp gesê.









