Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KLEINZEE: Polisie wat by Operasie Vala Umgodi ontplooi is, het op Saterdag, 25 Januarie 2025 inligting van misdaadintelligensie ontvang oor mense wat by onwettige mynaktiwiteite betrokke is en wat na bewering onwettig in die land is by Nuttabooi informele nedersetting in Kleinzee.
Die polisie het saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) die inligting wat by die geïdentifiseerde informele nedersetting ontvang is, geoperasionaliseer.
Dit het gelei tot die inhegtenisneming van nege verdagtes tussen 28 jaar en 44 jaar oud omdat hulle na bewe-ring onwettig in die land was, nadat hulle versuim het om enige dokumentasie voor te lê wat hulle toegelaat het om in die land te wees.
Die multi-dissiplinêre span het voortgegaan en twee ver-dagtes, onderskeidelik 40 en 42 jaar oud, vir onwettige mynbou in hegtenis geneem.


Die polisie het verder twee boetes ten bedrae van R1, 500.00 elk uitgereik aan ‘n 23-jarige man en 27-jarige vrou vir die verkoop van drank sonder ‘n lisensie.
Toerusting wat vermoedelik in die pleging van ‘n misdaad gebruik is en drank is deur die polisie gekonfiskeer.
Die publiek word daaraan herinner dat onwettige mynbou ‘n kriminele oortreding is en word versoek om onwettige mynbou en ander verwante misdade by die polisie se misdaadstopnommer by 08600 10111 aan te meld of die MySAPS-toepassing te gebruik.