GEMSBOK-UPINGTON: Die Valke se ondersoekbeampte vir ernstige korrupsie het op Woensdag 28 Mei 2025 die voormalige polisiebeampte, luitenant-kolonel Pieter Andries Nel, by sy woonplek in Upington gearresteer.
Luitenant-kolonel Nel was die hoof van finansiële dienste - SAPD by die ZF Mgcawu-distrik in Upington, getaak met die magtiging van betalings aan diensverskaffers, en die verblyf en reise van polisielede binne die Upington-distrik.
Daar word beweer dat mnr. Nel van 2022 tot 2024 vals betalings ter waarde van meer as R1,2 miljoen in sy persoonlike bankrekening geskep en gemagtig het.
Die voormalige polisiebeampte word aangekla van bedrog, geldwassery, asook die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur 1 van 1999.
Die beskuldigde het kortliks voor die Upington-landdroshof verskyn en die saak is uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek.