Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Erica Strauss sê die gebrek aan bestuur by die De Duine-stortingsterrein in Upington is nou amptelik onder die aandag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAHRC) gebring, nadat onwettige brande by die stortingsterrein die luggehalte ernstig beïnvloed het.
Strauss sê vure word amper daagliks aangesteek deur mense wat die grond onwettig beset of toegang tot die stortingsterrein verkry. Dit is ten spyte van die teenwoordigheid van sekuriteit en gereelde ingrypings deur die brandweer.
Die herhaalde brand veroorsaak dik rook wat nabygeleë inwoners, gastehuise en padgebruikers op die N14 affekteer.

Sigbaarheid word dikwels gevaarlik verminder, wat padveiligheidsgevare skep en gemeenskappe blootstel aan skadelike giftige dampe.
Strauss sê dat die rook van die stortingsterreine so intens raak  dat inwoners nie hul vensters kan oopmaak of hul lugverkoelers kan gebruik nie.
Sy gaan voort om te sê dat rolspelers sedert 2023 hierdie saak by die Dawid Kruiper-munisipaliteit en die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming geopper, maar die saak is steeds nie aangespreek nie.
“‘n Verdere poging om ‘n mosie in te dien wat aksie versoek, is ook vertraag omdat die munisipaliteit hierdie saak nie as dringend beskou nie,” sê sy.
Strauss het aan die Gemsbok gesê die situasie hou tans ‘n ernstige gesondheids- en veiligheidsrisiko vir die gemeenskap in en skend mense se reg op ‘n skoon en veilige omgewing. 
Strauss het oo die afgelope naweek die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, mnr. Willie Aucamp, op ‘n terrein besoek geneem na die De Duine Vullistortingterrein, in die hoop dat dit sal help om druk op die Dawid Kruiper-munisipaliteit uit te oefen om behoorlike prosesse te volg, om onwettige bewoners van die grond te verwyder en onwettige strukture rondom die stortingsterrein te sloop, met die ondersteuning van wetstoepassing. 
“Ons wil ook hê dat die munisipaliteit vullisverwyderaars moet bemagtig deur hulle te help om met plaaslike herwinningsmaatskappye te skakel. Inwoners verdien dit om in ‘n omgewing te woon wat geleenthede bied en hulle nie siek sal maak nie,” het Strauss aan die minister gesê.
Strauss is ‘n raadslid van die Dawid Kruiper Munisipaliteit.