Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die APD Benede Oranje het onlangs ‘n baie geslaagde Rolstoel Rugbytoernooi by die Kalahari Mall gehou.
Sestien (16) spanne uit die dorp het ingeskryf vir die kompetisie.  Vanaf die oggend 08:00 het die spanne dit uitgespook teen mekaar. Die span wat met die trofee weggestap het, was Toy Raiders (Toyota). Eers het die Mustangs Rolstoelrugbyspan van Bloemfontein ‘n demonstrasie-wedstryd teen mekaar gespeel en die reëls van die spel aan almal verduidelik. Die Rotariërs het kom hand bysit en van hul lede het gedien as skeidsregters.


Hier is al die spanne wat deelgeneem het, in volgorde van 1-16 - volgens hul punte:
ToyRaiders (Toyota)
All Security 2
APD Buffels
Louise de Jonge Fisio
Upington Elektries
Plastic Packaging 1.
Marais Ortho
Plastic Packaging 2
All Security 1
APD Rhinos
Ford Rangers
Wild Bulls
APD Leopards
Pick ‘n Pay
Afriforum
APD Springbokke
APD Benede Oranje is dankbaar aan al die deelnemers wat die dag moontlik gemaak het deur aan ons Rolstoel Rugby-toernooi deel te neem. Baie geluk aan die ToyRaiders van Toyota, ons nuwe kampioene!
APD sê dankie aan al die donateurs en borge wat die dag moontlik gemaak het.