Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Inwoners van die dorp bestuur soveel makliker na die feesseisoen nadat slaggate herstel is.

AfriForum se plaaslike tak in samewerking met die gemeenskap en Pieter du Preez, VF+-raadslid van wyk 30, het ’n grootskaalse aksie van stapel gestuur om slaggate in wyk 30 en 31 te herstel. Hiervoor is 21 ton teer aangekoop. 

 

 

Die tak het vir eers op die hoofroetes gefokus, naamlik Ruth First-weg, Bantjesstraat, Stilfonteinweg en ’n groot gedeelte van Keurboomstraat. Die projek sal binnekort voortgesit word aangesien die maatskappy waarby die teer aangekoop word, tydens die feesseisoen gesluit was en die projek dus nie kon voortgaan nie.

“Ek wil graag almal bedank wat betrokke was by hierdie projek en wat in die toekoms ook betrokke gaan wees. Die sukses van hierdie projek tot dusver is opnuut ’n bewys dat ons as gemeenskap ’n groot verskil in Stilfontein kan maak as ons almal saam werk,” sê Jonathan Fourie, voorsitter van AfriForum se Stilfontein-tak.