Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Plaaslike gemeente se groei is so merkwaardig dat die Hebron gemeente reeds ‘n tweede ligging benodig.

Die kerk het in Mei verlede jaar in die stad begin en het dienste by Pyramids op Sondae om 09:00.

Volgens pastoor Murdoch van Straten het die gemeente so gegroei dat hy ‘n permanente ligging benodig vir kursusse, beradings en ander funksies. 

 

 

Van die kursusse wat aangebied word, handel oor finansies, die huwelik en familie. “Ons Life Wellness Centre maak op 1 Februarie oop waar St Andrews Gastehuis was. Ons het die perseel gekoop en die naam sal voortaan Hebron Huis wees. Ons dienste op Sondae bly by Pyramids by die Protea Hotel,” sê hy.

Die gemeente se leuse is “Ken Hom en maak Hom bekend”.

Murdoch beskryf die kerk as ‘n gemeente wat daar is vir die koningkryk en mense; ‘n plek waar elkeen geroep, gegrond en gestuur word.