Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Pastoor Nico-Drei van der Merwe het die afgelope naweek sy gemeente gegroet nadat hy ‘n beroep na die Noordkaap aanvaar het.

Hy was vir 10 jaar verbonde aan Nuwe Lewe en het vandeesweek verhuis na Kathu waar hy by die AGS-gemeente op die dorp aangesluit het. 

Tydens die afskeidsdiens op Sondagaand 18 Januarie het pastoor Wikus van Zyl gedeel hoe hy vir Nico-Drei, vars uit skool, onder sy vlerk geneem het. 

 

 

“Ek het ‘n vonkel in sy oog gesien toe hy in die gebou instap, nog met daardie aardige tienermaniere het hy nie regtig geweet waar hy inpas nie, en nou sien ek ‘n volwaardige jong man wat weet wat hy in die lewe wil hê.’’

Wikus het gesê Nico-Drei sal altyd ‘n seun van die Nuwe Lewe-huis wees. “Hy gaan nie weg nie, hy word gestuur... daar is ‘n verskil.’’

Trane het gevloei tydens die emosionele afskeidsdiens. Nico-Drei het tydens die oggenddiens sy afskeidspreek gelewer met die tema: “Eenkant gesit’’. Hy het later gesê dat hy dankbaar is teenoor Wikus wat “daardie iets’’ in hom gesien het. “Dankie dat ek soveel by pastoor kon leer oor wat dit beteken om eenkant gesit te wees vir die Here...’’

Nico-Drei het grade in teologie en sielkunde verwerf. Sy verloofde, Simé Wolmarans, sluit binnekort by hom aan in Kathu. Die paartjie trou in Julie.