Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Gereelde briefskrywer aan Klerksdorp Rekord, is kort voor Nuwejaarsdag oorlede.

Henry Purchase (81) het in Panorama Park Aftreeoord gewoon. Sy familie wonder of daar ooit iemand was wat oor soveel dekades méér briewe geskryf het as hy.
Lesers in Klerksdorp en selfs die ou Wes-Transvaal het uitgesien na sy bydraes tot plaaslike gesprekke en die boeiende reaksies wat dit soms ontlok het. Hy was ‘n toegewyde Christen.

Henry is op 30 Desember oorlede. Hy sou op 13 Januarie sy 82ste verjaardag vier. 

’n Gedenkdiens ter nagedagtenis aan hom is op 10 Januarie by Panorama Park gehou.