Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Aardklop ’23 het die afgelope naweek ten einde geloop en daar word reeds beplan aan die volgende fees.
Dit was ’n week van opkoms en samekoms, verrassing, vervoering, verryking, nuutskeppings, opwinding, hereniging, hoop, vrede, vreugde en ou vriende, maar ook nuwes.  Dit was warm buite, maar dit het niemand gekeer nie en harte is ook warm gelaat met teater.

Mense het saam gedink en gesels, geredeneer en geluister na boekgesprekke deur van die beste skrywers, politieke leiers, staatmakers en joernaliste. 
Die visuele kunste het geboei en terselfdertyd weggevoer met beeldskoon uitstallings en ’n beeldhouwerkswinkel. Musiek wat kon roer en herinner het gehore weer die kunste in melodieë laat ervaar. 

En dan was daar die feesterrein. Die hart van die fees waar almal kon bymekaarkom, want die feesgronde praat net een taal en dit is “Suid-Afrikaans”. Kos en kuns, koelte en kuierplek: hier kon feesgangers saamkom op lowergroen gras onder vrygewige koeltebome en fees hou soos wat dit hulle pas. 
Volgens Alexa Strachan, HUB, was teatersale vol met gehore wat positief reageer het op die inhoud en bywoningsverwagtinge is oortref. Daar is gelag, gehuil, geskok, geroer en geïnspireer. Teatergangers het verskillende produksies beskryf as “kompleks, uitdagend, skreeusnaaks, hartverkeurend of treffend”.

Die feesterrein en -verhoog het daagliks duisende feesgangers gelok. Kunstenaars soos Anton Goosen, Fatman, Janie Bay, Corlea Botha, Brendan Peyper en Early B het die gehoor behoorlik aan die dans en kuier gehad.  

Feesgangers het die volgende woorde gebruik om die feesterrein op die Fanie du Toit-sportgronde te beskryf: Ruim, mooi, skoon, veilig, gerieflik, feestelik en ideaal vir die geleentheid.

Daar is selfs deur een feesganger daarna verwys as ’n oase. ’n Oorstelpte Strachan sê sy kon nie haar neus iewers uitsteek sonder om deur ’n feesganger voorgekeer te word wat kom dankie sê nie. Die gehalte van die program, die netheid van die feesterrein, die glimlaggende stalletjieshouers en ma’s wat smeek vir “asseblief nog net vyf minute vir my kind” by die speelarea het ook opgeval.