Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Vier Klerksdorpers het vanjaar deurgedring om aan die eindronde van die Engen Restourasie Kompetisie [EERC · Engen Engine Restoration Challenge] deel te neem.

Die kompetisie het die afgelope naweek in Bloemfontein plaasgevind en word in samewerking met SAVTEK (Suid Afrikaanse Veteraan en Enjin Klubs) gehou. Die kompetisie is vir individue of spanne wat in twee kategorieë deelneem: skoliere (o/18-junior) en jong volwassenes (o/30-senior]. 

Elke deelnemer of span moet ’n mentor hê. Uitdunrondtes was in die winter-skoolvakansie by die onderskeie SAVTEK-klubs gehou. Elke streek se beste twee deelnemers in elke kategorie het deurgedring na die eindronde.

Vian van Tonder, ‘n graad 10 leerling van KHS het aan die junior Standaard klas deelgeneem en ‘n algehele tweede plek verower. Hy het ‘n Wolesley 4pk enjin gerestoureer en vir homself R10 000 losgeslaan. 

Jannie Gouws, ‘n ingenieur en entrepreneur wat trekkers en enjins restoureer en ook herstel, het aan die senior Standaard klas deelgeneem. Hy ‘n 1945 Fairbanks Morse enjin restoureer en eersteplek verower en dit het hom R20 000 in die sak gebring. 

Sy vrou, Cherise en suster Liezel het as ‘n span deelgeneem in die senior Meestersklas en het ‘n 1964 Wolesley Air Cooled enjin met ‘n national kragkop pomp uitgestal. Die twee skoonsussies het ook ‘n eerste plek verower en daarmee R30 000 verdien.