Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Paar kitskoseetplekke in Matlosana Mall is onlangs as die beste in die land aangewys.

Elkeen van hierdie eetplekke het een ding in gemeen... die restaurante word bestuur deur Eldoreth Bruyns, ‘n bekende wanneer dit kom by die gasvryheidsbedryf in Klerksdorp. 

Sy is al etlike jare aan die stuur van Mugg & Bean, Steers, Debonairs, Fishaways en Milky Lane in Matlosana Mall. 

Steers en Miky Lane is as die beste in die land aangewys, Debonairs die beste in Gauteng-Wes en Fishaways die tweede beste in Gauteng-Wes. Om dit in perspektief te plaas; daar is 645 Steers restaurante in SA en die een in Matlosana Mall is die restaurant van die jaar!

Vir Eldoreth is dit ‘n welverdiende klop op die skouer. Sowat 90 werknemers moet aan haar rapporteer. Vir hulle is sy nie net ‘n streng werkgewer nie, maar ook die een wat hul lief en leed aanhoor, en al is daar baie lag, is daar soms ook trane. Hulle noem haar Ma.
Sy het verlede Vrydag 26 April ‘n verskeidenheid sertifikate en trofeë ontvang wat deur die hoofbestuur spesiaal aan haar oorhandig is tydens ‘n plaaslike besoek. 

Haar personeel was opgewonde, want sy aanvaar beslis nie al die eer nie - sy gee die eer aan haar hulle. Sy het die pryse by die onderskeie konferensies tussen 15 en 20 April gewen. “Ek probeer om nederig te bly, maar ek moet ‘n span gemotiveerd hou om operasionele standaarde te handhaaf en probleme oplos en hanteer. Ek moet ook nuwe werkemers bemagtig, en oplei,” is Eldoreth se beskeie antwoord.

Sy geniet haar werk, en sê dit is maar stresvol op die beste van tye. Sy stap graag, lees as daar kans is en kyk TV met een oog terwyl sy haar admin doen. “Ek spandeer tyd met kleinkinders, kinders en ma en die mededirekteure is baie goed vir my. Ek word as vrou baie professioneel behandel,” vertel sy.

Beauty Manhique, een van Milky Lane se personeellede, se dag is ook gemaak. Sy is aangewys as die beste roomyskoekmaker in die land en haar gesig sal voortaan in elke Milky Lane in die land pryk.