Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Drie sosiale klubs het die afgelope naweek onvergeetlike herinneringe gemaak.

Klerksdorp se sportmotorklub is die afgelope jare gasheer van die openingsfunksie van die Mercedes Benz Clubs van SA (Noordelike Streek). Naas lede van dié streek was daar ook vyf motors van die sentraalstreek wat van Bloemfontein ingery het om aan die feesvieringe deel te neem. 

Om dit nog lekkerder te maak het fotograwe van die Klerksdorp Fotografieklub die aksie afgeneem en die middag saam geniet. Die motorklubs het eers by ‘n restaurant in die stad bymekaargekom  vir ontbyt en daarna is hulle na die hotrodbaan waar die motors opgewarm is. 

Hulle het ‘n gymkhana gehou waarin bestuurders geblinddoek bestuur het met die passasier wat aanwysings gee, hulle het deur kegels gery en so na as moontlik aan ‘n paal gestop, veerpyltjie gooi uit ‘n bewegende motor en bande rol om ‘n paar items te noem. 

Daarna was daar ‘n demonstrasie deur ‘n ervare bestuurder van Star Raceway. Die aand is afgesluit met ‘n dinee en dans en plaaslike kunstenaars het vir die musiek gesorg.

Indien jy meer inligting wil hê oor die klubs, skakel:
* Klerksdorp Sportmotorklub: Leon Erasmus 078 647 6832.
* Klerksdorp Fotografieklub: Oupa Coetzee 082 445 4076.