Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp – Die afskopfunksie van die Kosh Voortrekkers vind die week plaas en almal is welkom.

Die Voortrekkers is ‘n kultuurorganisasie vir die jeug en gesetel in beginsels van Afrikanerskap, burgerskap en hoofsaaklik Christenskap. Die organisasie belowe om 'n sterke fondasie van waardes en vaardighede aan te leer, wat verder gaan as wat tradisionele skoolonderrig bied.

Jongmense kan verwag om oor hulself te leer, insluitend praktiese vaardighede soos die knoop van verskeie soorte knope, paraatheid, selfsorg, noodhulp, en ander onderrig wat nie altyd in skole aangespreek word nie.

Die afskopfunksie vind plaas op Dinsdag, 30 Januarie 2024, 16:00 tot 17:00 in die AP Kerk, geleë in Ianstraat, langs Arnold en Wessels Drukkery. Daar gaan waterkaskenades wees, so bring ‘n handdoek saam en klere wat kan nat word.

Vir meer inligting, skakel Johanette Roos by 082 263 8784.