Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Mev Klerksdorp het vandeesweek ‘n liefdadigheidsprojek afgeskop waarin sy ‘n beroep op die gemeenskap doen om haar te ondersteun in die insameling van toiletware vir die bejaardes van die SAVF/Evanna ouetehuis op Hartbeesfontein.

Lizelle Mahoney wil graag omgeepakkies opmaak om aan bejaarde inwoners van die tehuis uit te deel. ‘n Groot behoefte bestaan vir badseep, waslappe, handdoeke, tandepasta, deodorant en volwasse doeke. Met die winter wat naderkom is komberse en kouse ook ‘n behoefte.

“Baie van die inwoners in Evanna het net hul staatspensioene en oorleef skaars, daar is nie geld vir basiese behoeftes nie. Ek wil hulle graag bystaan en vra almal om saam by te dra sodat ons die las op die tehuis ligter kan maak,’’ sê sy.

Enigiemand wat ‘n bydrae wil lewer, kan vir Lizelle ‘n whatsapp stuur na 074 851 3356. Sy sal skenkings ook oplaai.

Inskrywings sluit die maand
Indien jy nog altyd ‘n Mej Klerksdorp of Mev Klerksdorp wou wees, nou is jou kans. Inskrywings vir die kompetisie wat vanjaar sy 50ste verjaardag vier, sluit op 29 Februarie. Tienermeisies kan ook inskryf vir die Mej Klerksdorp Tiener titel en vir die eerste keer is daar ‘n Mej Pre-Teen Klerksdorp kategorie ook. Inskrywings is R400 per persoon en groot pryse is op die spel. Die kroning is op 29 Junie. Stuur navrae per whatsapp na 071 171 1111.