Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Jaco en Johann Gouws is al bekend vir hul belangstelling in trekkers - Ferguson en Massey Ferguson trekkers spesifiek.

Dié tweeling het op ‘n plaas in die Ooskaap grootgeword waar hul pa, Kobus, sy eerste Massey Ferguson-trekker in 1962 gekoop het. Sy swaer, Jan Muller, het dieselfde gedoen. Dit was ‘n Massey Ferguson 35. Die tweeling het met die trekkers op die plaas rondgery en kon reeds ploeg en plant voor hulle kon lees en skryf. 

Na hul pa se dood in 1996 het Jaco die einste trekker gekoop wat eens aan sy pa behoort het. Johann het ‘n Farmall M trekker gekoop wat sy oupa in 1945 gekoop het. Toe het die gogga gebyt en hulle het begin trekkers koop en restoureer. 

Vandag het hulle meer as 60 trekkers en die skaarsste een is die oorspronklike Ferguson TED. Hy het tot sy oorspronklike bykomstighede. Volgens die tweeling is hy die enigste van sy soort in die land en daar is baie min oorsee in ‘n werkende toestand. Sommige trekkers is in hul oorspronklike kondisie en nog nooit oorgeverf nie. Hulle het ook al verskeie pryse gewen vir restourasie waar hulle met die eerste en tweede plekke kan spog!

Read more …Trekkers vir Afrika op 60ste verjaardag

deur Waldie Volschenk

Klerksdorp Rekord, Rustenburg -  ‘n Afrikaanssprekende boer van Groot-Marico het die land aan die praat en verbaasde Tswanasprekende gemeenskappe aan die luíster met die gemak waarmee hy die afgelope twee dekades al sokker- en rugbykommentaar in Tswana oor die SAUK se radio- en tv-senders laat eggo. Noudat die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk in volle swang is, het Reinier se Tswanakommentaar egter in ‘n sensasie ontaard.

Reinier Swart is ‘n man wat soos hy dit stel “Tswana kon praat voordat hy sy eie Moedertaal magtig was. “Dit was swaarkryjare, my ma moes kort na my geboorte uitspring om te gaan werk en ek is dikwels in die sorg van werkers en -vroue op die plaas agtergelaat terwyl my pa met die boerdery besig was. Ek is in ‘n stadium (darem nog voorskools) selfs saam met my Tswana-maatjies skool toe waar my gemak met die Tswanataal nog verder gelouter is.” 

Reinier onthou hoe hy op skool baie slae gekry het omdat die Afrikaans vir baie maande maar net nie so gemaklik soos die Tswana uit die boeremond wou opklink nie, “maar dit was darem nie te lank voordat ek ‘n gevoel vir my “tweede” taal gekry het nie,” skerts hy.

Read more …Maricoboer se Tswanakommentaar het die land aan die praat

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die herrie is los oor ‘n gedenksteen wat die Matlosana Munisipaliteit opgerig het ter herinnering aan werknemers wat aan Covid-19 omgekom het.
Dit gaan nie oor die gedenksteen nie, maar oor waar die uitvoerende burgemeester op 25 September die steen onthul het. Reg in die plek van die Groot Trek 1938 Eeufees-gedenksteen wat al ‘n geruime tyd gelede deur vandale middeldeur gebreek is.

Read more …Burgemeester swig onder druk oor ’n nuwe gedenksteen

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is ‘n week van feesviering vir oumagrootjie Yda Vosser wat op Woensdag 4 Oktober haar 100ste verjaardag gevier het. Yda woon al 30 jaar in Panoramapark Afreedorp in Klerksdorp en is die dag voor die groot verjaardag mylpaal met koek en tee bederf deur die bestuur, personeel en naaste vriende. Sy is amptelik die oudste inwoner van Panoramapark en almal ken haar. 

Read more …Ouma Yda vier 100 goeie jare

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Omkring solank die datum vir die Klerksdorp Boekefees wat op 3 en 4 November gehou word.
Van ons land se topskrywers kom in Klerksdorp kuier en as jy ‘n liefde vir lees het, mag jy nie die boekefees mis nie.
Na drie uiters suksesvolle boekfeeste wat sedert 2020 by Shack to Sanctuary aangebied is, skuif die boekefees vanjaar na ‘n nuwe bestemming, want die fees bars uit sy nate. 

Read more …Gewilde skrywers kuier in Klerksdorp