Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Meer as 2100 huishoudings op Stilfontein het ‘n petisie onderteken oor die verval van infrastruktuur en talle ander diensleweringskwessies wat verlede week aan Matlosana se burgemeester oorhandig is.
Die VF Plus se provinsiale leier, Michal Groenewald, self ‘n inwoner van Stilfontein, het die petisie oorhandig as deel van die wetlik voorgeskrewe openbare deelnameproses oor die opstel van ‘n begroting vir die komende finansiële jaar. Dit is onderteken deur 2127 huishoudings in Stilfontein.