Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - The B Gallery het met ‘n paar plaaslike kunsonderwysers saamgespan en ‘n kunsuitstalling van kinderkuns gehou.
Dit was vir Zet Havenga van The B Gallery ‘n droom wat waargeword het om ‘n uitstalling te hou waaraan jong kunstenaars deelneem. “Ek wou dit al lankal doen en gelukkig het Mezelle Pretorius die leisels vasgevat en daaraan gereel en verlede Vrydagaand kon ons die kinders en hul ouers by die gallery onthaal vir die amptelike opening.’’
Mezelle is ‘n kunsonderwyser en eienaar van The Art Studio en sy het haar kontakte in die kunsbedryf bymekaar gekry om die uitstalling gestalte te gee. Uiteindelik het kunsleerlinge van Laerskole Saamtrek en Roosheuwel, Curro en Hoërskool Wesvalia en HTS aan die uitstalling deelgeneem saam met kunsstudente van The Art Studio. Kontantpryse was op die spel in verskillende ouderdomsgroepe.
Die uitstalling kan nog tot 14 Oktober by die gallery besigtig word. Die gallery is ook op Sondae oop.
Dancers give world class performance in the UK
Klerksdorp Record, Klerksdorp - Dressed under the banner of Green and Gold, you are looking at Dance Sport Athletes that represented the South Africa Team at the UDO World Street Dance Championships that was held in Blackpool, UK earlier this month.
Five Klerksdorp dancers placed seventh in the World Final dancing in the advanced under 16 division; Zaid Bekker, Elhandri Potgieter, Bianca Kotze, Mické Seider and Shaelyn Coward were proud to represent South Africa.
Hinterland Klerksdorp trek nuwe baadjie aan
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Alhoewel Hinterland hoofsaaklik met ʼn wye reeks landbouprodukte in boere se behoeftes voorsien, kan Klerksdorpers en diegene wat die N12 gebruik ook voortaan net so lekker inkopies hier kom doen.
Hinterland het op Saterdag 24 Augustus amptelik sy deure by ʼn nuwe perseel met ʼn beter ligging oopgemaak. Tydens dié geleentheid het Francois Strydom, hoof-uitvoerende beampte van die Senwes Groep, die lint by die nuwe adres op die N12, langs Senwes se hoofkantoor, geknip.
Accolades for young dancers
Dancers of the Inspired Acrobatic Academy participated at the Musikon Eisteddfod at Laerskool La Hoff on Monday August 26. They are Sumare Viljoen (Acro group - A++), Lo-Ann van Zyl (Acro duet A++ and Acro group A++), Lianey Stols (Acro duet A++ and Acro group A++), Chene van Staden (Acro Solo A+, Acro duet A+ and Acro group A++), Mihle van Rensburg (Acro Solo A) and Kayla Bauer (Acro Solo A+, Acro duet A+ and Acro group A++).
NG Welsyn se damestee uit die boeke
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - NG Welsyn se damestee ter viering van Vrouedag is op Saterdag 24 Augustus gehou en dit was oudergewoonte ‘n jolige oggend van lekker kuier terwyl die teekoppies klink en die koekborde kreun onder gebak.