Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die vreugdevure brand by die Ber-Kaz-Endurance Arabier stoetery in Dorinkruin waar ‘n merrie die afgelope naweek geboorte geskenk het aan twee gesonde vullens.
Dit is ‘n uiters raar verskynsel vir ‘n merrie om twee vullens vol termyn te dra, maar die twee gallop te lekker agter hul moer aan, min gepla oor die opskudding wat hul geboorte vroegoggend op Saterdag 17 Augustus veroorsaak het.