Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die kunstenaars wat verlede jaar by die Opskopfees Piet Retief opgetree het, kom kuier op 4 Oktober by Mayfair Village.

Volgens die organiseerder, Audrey Bierman, sal daar van dieselfde kunstenaars wees, maar “ons wil dit darem ook interessant en opwindend hou”. Mayfair Village is tussen Klerksdorp en Orkney geleë.

 

 

Read more …Opskopfees in Klerksdorp

Klerksdorp Rekord, Viljoenskroon - Overvaal Stereo 96.1fm se Ignaz Streicher is een van die bekendste radiostemme in die omgewing.

Hy is verlede week tydens die jaarlikse Afri-Indie onafhanklike musiektoekennings by die AfriForum teater met ‘n ere-toekenning vereer vir die rol wat hy die afgelope 23 jaar in die vermaakliksheidsbedryf speel.

Tydens die oorhandiging het die organiseerder, Rea le Roux, hom bedank vir elke fees en funksie wat oor die jare bygewoon is. “Hy is eerste om op te daag en weer laaste om te gaan. Kunstenaars se reaksie was oorweldigend positief toe ons besluit het om hom te vereer.” 

Sy het hom ook bedank vir die rol wat hy gespeel het tydens die afsterwe van Thys die Bosveldklong.

Streicher het die toekenning opgedra aan sy kollegas en gesê hy ontvang dit namens elke gemeenskapsradiostasie in die land wat “bitter hard werk vir bitter min geld en bitter min erkenning”.

Tydens die geleentheid is kunstenaars soos Gerhard Steyn, Johan Stemmet, David Kramer, Dozi en Nādine, David Fourie en Karen Houghaard ook vereer.

Streicher het in Klerksdorp grootgeword en het sy loopbaan by Overvaal Stereo in 2005 begin. 

Hy bestuur tans die radiostasie.

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die bekroonde skrywer An-Mari do Carmo het die afgelope naweek haar tweede boek, Foto’s en Fairy lights in Klerksdorp bekendgestel.

Net soos haar eerste boek, Toe als Groen was, het sy inspirasie vir die boek uit haar grootwordlewe geput. Die boek is ook op die mark vir tieners/jong volwassenes gerig. Dit gaan oor grootword, tieners, toekomsbesluite en eerste liefde en beloof ‘n lekker lees-ervaring.

Do Carmo is ‘n senior redakteur: Kinder- en Jeugboeke by Lapa Uitgewers en voorspel nog heelwat boeke uit haar pen. Foto’s en Fairy lights word uitgegee deur NB Uitgewers. Sowat 50 gaste het op Saterdag 3 Augustus die boekbekendstelling by Shack to Sanctuary bygewoon.

Sunél Combrink, skrywer van Sneller, het met haar gesels.

More Articles …