Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Versteekte dwelms met ‘n geskatte straatwaarde van R92 000 is verlede week in ‘n huis in Elandsheuwel gevind.

Twee Nigeriërs, onderskeidelik 29 en 30 jaar oud, het in die Klerksdorpse landdroshof verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is op aanklag van handel en besit van dwelms. 

Die saak teen Okuchukwu Nwokolo en Onyeka Ozoanji is uitgestel tot Donderdag 18 April. Hulle is steeds in polisie-aanhouding.

 

Klerksdorp Rekord het verneem dat die polisie die twee mans op heterdaad betrap het terwyl hulle na bewering besig was met ‘n dwelmtransaksie in Elandsheuwelstraat. 

Hulle is deursoek en die polisie het na bewering 28 Mandraxtablette in die een man se sak gekry.

Volgens adjoff Amogelang Malwetse, woordvoerder van die Valke, is die polisie na die verdagtes se huis daar naby en is Meth en Mandrax ter waarde van R92 000 glo in ‘n yskas versteek gevind.

Malwetse het gesê die Valke het in samewerking met die provinsiale dwelmtaakspan, K9, die blitspatrollie en plaaslike kriminele rekordsentrum gewerk.