Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

19 September 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die stad se biker-gemeenskap is in rou gedompel na die dood van Juandré Fourie in ‘n ongeluk op die pad buite Parys naby Buffelshoek polisiestasie.

Juandré (22) was ‘n aktiewe lid van die Mad Hornets Motorfietsklub waar sy pa die visepresident is. Die klub het gereedgemaak om op Saterdag 20 September hul jaarlikse “poker run’’ aan te bied om fondse in te samel vir Evanna Tehuis. Dit is nou gekanselleer, want Saterdag word Juandré begrawe.

 

“Ek wens ek kon hom vra wat gebeur het.” Juan Fourie weet sy seun kon motorfiets ry. Hulle ry immers al vir jare motorfiets. “Hulle was Sondagmiddag ‘n groep vriende onderweg van Parys terug huis toe, toe dit gebeur het. Ons het deurgery na die ongelukstoneel toe ons die oproep gekry het. Dit was die ergste ding wat ek nog ooit moes doen om my seun se liggaam uit te ken.’’

Volgens die polisieverslag blyk dit dat Juandré waarskynlik om ‘n draai beheer verloor het oor die motorfiets en toe teen ‘n paal bots. Daar was geen ander voertuie betrokke nie. Hy het op die toneel gesterf.

Marius Britz, president van die Mad Hornets, het gesê Juandré was baie geliefd onder mense. “Ons is verpletter. Ek rou oor hom soos oor ‘n kind. Dit is baie hartseer.’’ Juandré het op ‘n RR BMW gery toe hy dood is. Sedert sy dood stroom blyke van medelye in op Facebook waar vriende en familie hulde bring aan Juandré “wat te vroeg weggevat is’’.

‘n Roudiens vir hom word op Saterdag 20 September om 11:00 in die NG Goudkop gehou. Hy word ook oorleef deur sy ma, Liza en ‘n jonger sussie, Liezl.