Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die portefeuljekomitee oor basiese onderwys se aanvaarding van die konsepwet op onderwyswette, oftewel BELA, is beslis ’n groot skoot, maar nie noodwendig ’n doodskoot nie, sê dr Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS.

“Daar moet nog baie water in die see loop voordat die voorgestelde wysigings wet word. Tot dan het skoolbeheerliggame steeds ooreenkomstig die bepalings van die Skolewet die verantwoordelikheid om die taal- en toelatingsbeleid van skole te bepaal. Dit sal die geval bly tot die President die wysigingswet onderteken.’’ Die volgende stap is dat hierdie wets-ontwerp deur die Nasionale Vergadering (NV) oorweeg moet word waarna die nege provinsiale wetgewers dit sal oorweeg. Daarna moet die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) ʼn besluit neem voordat die president dit kan promulgeer. Die wets-ontwerp kan egter nog voor daardie tyd gestuit word. Die Vryheidsfront Plus het reeds aangedui dat hulle die stryd teen die wetsontwerp voortsit. Dr Wynand Boshoff, VF Plus LP, sê die kern van hul beswaar is die ondermyning van gemeenskappe met ‘n gemeenskaplike taal- en kultuurerfenis se reg op eiesoortige onderwys wat in die Grondwet vervat is. Die twee grootste geskilpunte vir openbare skole is die bepalings oor taal en toelating en die voorstel dat die finale besluit by die departementshoof van onderwys in elke provinsie berus. Bepalings oor tuisonderrig het ook dié gemeenskap warm onder die kraag “Dit is veilig om te sê dat daar steeds ’n lang pad vir die BELA-wetsontwerp is voordat dit ’n wet sal wees. Daar is ook min tyd vir die parlement om dit te finaliseer voor die volgende algemene verkiesing,’’ sê Deacon. Sy raad is dat ouers hul hande opsteek en staan as kandidate vir volgende jaar se beheerliggaamverkiesing en dat elke ouer gaan stem. “Raak betrokke by jou plaaslike skool en gee finansiële ondersteuning vir organisasies wat geldigheid van Bela in die hof gaan toets. Die bal is in ons hande.”