Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Ansa Williams het die afgelope naweek haar “baby” aan die dood afgestaan na ‘n motorfietsongeluk.
Dit is die derde keer dat sy ‘n geliefde aan ‘n motorfietsongeluk afstaan.
Claude Butler (25) of Boela soos almal hom genoem het, is in die vroeë oggendure van Saterdagoggend 30 September in Buffeldoornweg naby Sundowners dood. Hy was lid van die Speed Freaks motorfietsklub. 

Volgens Ansa het ‘n bakkie voor hom ingedraai. Dit is onseker wat op die toneel gebeur het, maar volgens ooggetuies het die bestuur-der probeer wegjaag. Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het egter gesê die bestuurder kon nie wegjaag nie, want die voertuig was te erg beskadig. Sy het bevestig dat hy hospitaal toe gevat is en dat die polisie sy besonderhede het.


Dit is die derde keer wat Ansa voor ‘n oop graf gaan staan nadat ‘n geliefde op ‘n motorfiets dood is. Boela se pa is in ‘n motorfietsongeluk dood toe hy een jaar oud was en sy stiefpa het op dieselfde wyse gesterf.
Ansa snik as sy met Klerksdorp Rekord praat en vertel dat sy eers gedink het dit is ‘n aaklige grap. “My man, Ben Dipper, het my kom wakkermaak en gesê Boela is dood. Ons het dadelik soontoe gery. Dit was ongeveer 02:30. Ek het uit die kar gespring en hom in die pad sien lê. Ek wou dit nie aanvaar nie, en het gedink hy maak ‘n grap en gaan my skrikmaak, want hy was so ‘n tipe mens.”Die impak van die botsing het haar seun glo 35m deur die lug laat trek.
Ansa soek geregtigheid vir haar seun se dood en sê sy gee nie om hoe lank die bestuurder van die bakkie gaan sit nie, “maar sit moet hy sit’’, want haar seun is dood.
Sy beskryf haar seun as ‘n regte terggees, een met die mooiste glimlag. Boela is in Klerksdorp gebore en het hier grootgeword. Hy het by Bike-o-Matic gewerk.
Sy begrafnisdiens vind om 12:00 op Saterdag 7 Oktober by Morester gemeente plaas. Hy sal by die nuwe privaat begraafplaas naby Dawkinsville begrawe word. Die bikers sal na die diens by Wheely’s vergader.