Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die man wat nou al vir amper drie weke vermis is, was glo betrokke in ‘n vurige verhouding met ‘n getroude vrou van Stilfontein. James Swanepoel (25) was die middag van 17 September op pad om sy minnares by die Pick n Pay-sentrum in Songloed te ontmoet. Hy is sedertdien nog nie weer gesien nie. Sy tannie, Katy Steyn, is bekommerd en vermoed vuilspel. “Dit is glad nie in sy aard om net te verdwyn nie.

Sonder taal of tyding. Hy het ‘n vyfjarige seuntjie met wie hy ten minste een keer ‘n dag oor die telefoon gepraat het. Dis baie snaaks dat hy net weg is, asof hy van die aardbol af verdwyn het.’’
Sy vertel dat James daardie Sondag by haar huis in Wilkeville was om wasgoed te kom was. Sy en haar man het haar oor hom ontferm en hy het ook ‘n ruk by hulle gewoon voor hy in Potchefstroom begin werk het. Sy blyplek in Potchefstroom is ook verlate. “James se hele lewe pas in ‘n toksak. Dit is maar hoe hy is, so dit is nie vir my snaaks dat daar niks persoonlik van hom by die woonstel is nie.’’
Die voertuig waarmee James gery het, is ook spoorloos. Dit is ‘n wit Toyota Sprinter met registrasienommer NLF 813 GP. Die motor behoort aan sy werkgewer wat intussen die kar as gesteel aangemeld het. “James het die motor met sy toestemming gebruik, maar die kar is ook nou weg.’’ Dit is vir Katy snaaks dat die getroude vrou wat aan haar bekend is, niks van James se verdwyning sê nie. “Ek het aanvanklik gedink hy slaap oor by haar toe hy nie die aand terugkeer nie, maar teen die volgende dag het hy nog nie sy wasgoed kom haal nie, en ook nie by die werk opgedaag nie, toe begin ek onraad vermoed.’’
Sy het ‘n boodskap aan die vrou gestuur, maar dié het haar toe dadelik geblok. “Ek weet net sy bly op Stilfontein en haar man werk oorsee. Sy het gereeld by ons huis verbygery toe James nog hier gebly het, seker om op te check op hom. Maar nou sien ons haar nooit meer hier verby ry nie. Ek het haar besonderhede aan die polisie gegee,’’ sê Katy.
James se seuntjie woon by sy ma in Thabazimbi. Hulle het ook nog nie weer van hom gehoor nie.
Enigiemand wat weet waar James hom bevind of inligting het wat die polisie kan help om hom op te spoor kan vir Katy ‘n Whatsapp stuur na 072 815 4657 of die polisie skakel by 018 464 5041.