Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die man wat die 19-jarige Emolia Happy van Alabama op 6 Februarie 2021 vermoor het, is vasgetrek.

Vir Enslin en Loren Happy was die tyding dat die vermeende moordenaar uiteindelik agter tralies is, die beste nuus wat hulle kon kry in die drie jaar sedert hul dogter dood is. “Hy is vas op DNA en is in hegtenis geneem. Dit het drie jaar gevat, en al moet hy nog verhoor word, glo ons hy sal die legkaartstukke inmekaar pas oor wat met ons dogter gebeur het,’’ het die bedroefde pa gesê.

 

 

 

 

Die beskuldigde wat as Babatjie Jantjies bekend is, is verlede week in hegtenis geneem nadat DNA-uitslae hom met die jong meisie se dood verbind het. Klerksdorp Rekord het verlede jaar berig dat hy aanvanklik in hegtenis geneem is kort na die moord, maar vrygelaat is in afwagting op die DNA-uitslae. Dit was vir die slagoffer se ouers “onmenslik moeilik’’ om te sien hoe hy sy lewe geniet, terwyl hul dogter dood is.

Nou is hulle dankbaar vir almal se gebede en ondersteuning in drie “harde jare’’. “Ons het dit ‘n gebedsaak gemaak van dag een af. Ek is bly dat God my so gekalmeer het, al het die duiwel my baie keer in die versoeking gestel om hom te gaan soek en wraak te neem. My moeder, Jacoba Jonhson het altyd vir my gesê, God sal wraak neem, los alles in Sy hande en nou het die dag aangebreek,’’ het Enslin aan Klerksdorp Rekord gesê.

“Ongeag wat sy straf sal wees, dit sal haar nie terugbring nie, maar ons glo elke dag sy is beter af waar sy is en is op ‘n veilige plek alhoewel ons haar baie mis. Rus in vrede, ons Mola,’’ het Loren gesê.