Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

25 September 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Motoriste se oë het verlede week gerek toe swaar gewapende polisielede oor die etensuur toeslaan in die verkeer in Voortrekkerstraat en ‘n wit voertuig tot stilstand dwing.

Uiteindelik is al ses insittendes in die voertuig geboei en het hulle langs die motor gelê. Dit blyk nou dat van die mans moontlik betrokke is by rooftogte in Klerksdorp se sakegebied. 

 

Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het bevestig dat drie van die mans verbind kan word met ‘n voorval waar ‘n man se selfoon uit sy voertuig gegryp is. 

Hulle is op Vrydagmiddag 19 September vasgetrek.“Lede van die misdaadintelligensie-eenheid het inligting gekry oor die voertuig met verdagte persone en die polisielede het toegeslaan. ‘n Selfoon wat as gesteel aangemeld is, is in een van die mans se besit gevind,’’ het sy gesê.

Al die verdagtes is na die polisiestasie geneem. Drie van die mans is aangekla van besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Kopano Kabogelo Mvundisi (25), Vuyisa Mpeso (40) en Steven Lehlohnolo Mohlanke (40) het op Maandag 22 September in die hof verskyn. 

Hulle is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat. Die saak is tot 20 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.